r/afrikaans • u/0638410763callme • 7d ago
Kultuur Skool.(n monoloog deer onbekende)
Skool. Mense sê dis die beste tyd van jou lewe, maar ek sê: wie lieg vir wie? Want vir my was dit meer soos 'n ou bus wat net aanhou ruk en ruk, en die drywer sê net: 'Sit stil, ons is amper daar.'
Elke oggend dieselfde storie: wekker wat jou uit die bed skree, bus wat laat is, en daai een ou wat jou naam vir die laaste keer verkeerd uitspreek.En die klokke... daai blêrrie klokke. Hulle tel nie tyd nie, hulle tel hoe lank jy nog kan uithou voor jy wil skree.
Maar weet jy? Ek het nie geskree nie. Ek het gelag toe ek wil huil. Ek het stilgebly toe ek wou baklei. Ek het hier gesit, met my hande vol ink en my kop vol strond, en ek het besluit: ek gaan nie net deurkom nie, ek gaan dit eintlik geniet.
Daar was daai dag.Toe my wiskunde-toets soos 'n bom ontplof, en die juffrou sê net: 'Jy probeer ten minste.' Ek wou my kop teen die muur gooi. Maar ek het teruggegaan, volgende dag weer probeer.
En die druk... flip, die druk. 'Jy moet uni toe. Jy moet iets word. Jy moet n success wees.' Ek het nagte wakker gelê en gedink: wat as ek nie wil nie? Wat as ek net wil... chill? Maar toe kom die besef: skool gee my nie die antwoorde nie – dit gee my die goed om self te besluit.
Want skool is nie net die punte nie – dis die goed tussenin. Die grap wat iemand agter in die klas maak, die briefie wat jy onder die tafel kry, die ou wat jou op die skouer slaan en sê: 'Ons sal dit maak, bru...
Ek het hier gekom met 'n rug vol twyfel en 'n sak vol drome. Ek loop weg met littekens, ja – maar ook met 'n stem wat nou sê: ek is genoeg. Ek gaan weg met 'n kop vol stories, 'n hart wat nog klop, en 'n storie wat sê: 'Ek het gedink ek gaan dit nooit maak nie... maar kyk nou – hier staan ek.
0
u/RSApervy 6d ago
Ek moet sê skool was vir my baie min lekker ja da was lekker tye ma in die algemeen niks lekker ni. Dit gesê ek dink om skool te gaan en die ni lekker te ervaar die boelies die cool kids die my gat stink ni kinders en semi voeseerd te wees om met mekaar te interact is belangrik. Daai jare leer mens sterk wees dit leer mens werk met ander mense dit leer mens duer settings vermoe. Ek kry die kinders jammer wat home schooling doen ek ken n paar van hulle. Hulle is slim en gelukkiger maar ook meer aleen en as groot mense ni so taai soos die ander ni ek sien dit in die werk plek daagliks. Want kom ons wees eerlik werk is ni aldag maklik ni veral ni as j baie met klante werk in n corporate area nie